929) waar die heuning soet is
jy het my gebring
na jou wêreld
waar die son opkom
in die more
waar die dag lag
waar die rose ruik
waar die heuning soet is
waar die oog blink
waar die skater
van die lag
nog reis oor die vlaktes
waar ja, ja is en reg nog reg is
waar die hart nog klop
waar daar ’n more is
waar daar ’n altyd is
Leave a Reply
Be the First to Comment!