933) sy stroop haar
alles het ’n prys
sê sy
en pronk op die verhoog
in kappie
borslappie en bloes
trui en reënjas
was sy geklee
kappie verkoop vir 500
borslappie verkoop vir 700
trui vir 800
bloes vir 1000
reënjas 1500
die laaste lappie 10000
het sy geswig
wie kan nie verstaan
dat sy ryk was
voor sy oud was nie?
Leave a Reply
Be the First to Comment!