942) die merrie

942) die merrie

die jong hings
snuif die more bries
weereens die reuk
van die jong merrie

sy runnik trek oor die vlaktes
die jong merrie se lende bewe
sy begin fantaseer
en spuit haar dune parfuum aan

sy sien ’n visie
van ’n swart hings
wat teen die duin afstorm

hy kry egter die reuk
van joy parfuum
en storm verby

die merrie is moerig

en sluit haar rekening
by edgars

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz