953) die liefdesvuur

953) die liefdesvuur

word maklik aangesteek
’n vinnig kyk
’n handraak
’n vlugsoen

die liefdesvuur
word gesien
’n vingerdiamant
’n handomlyf
’n kerslig eet
die vlam getoets

die houtskoolrooi vuur
die manne met die kastele
lag uitbundig
vir die vuil grappe
oor die jong bokkies

op die braaivleisvuur
sis die ribbetjies
van die jong bokkie

by die huis
word net gepraat
van ou koeie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz