972) die tulpe lag

972) die tulpe lag

oopbek geel
dit is lente

die rose
nog styfblaar rooi

die wingerd gis al

die suurlemoenboom
glimlag

die boontjie
kry sy loontjie

die vlinder bevrug
blom na blom

die sprinkaan
vreet sy
voor tande groen

die hondevlooi
maak ’n shopping list

die spinnekop spin
soos ’n swart kat

die jellievis dril
op die parade grond

elkeen lewe en bewe
op sy eie manier

ons kan nie
die nuwe lewe
keer nie

ons kan
weer leef
nie keer nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz