984) die don glimlag
hy staan in die deur
van sy casino
en heet die mense welkom
die vriedelikheid
vanself
hy gooi self
die glase vol
eregaste is hulle
bekendes en nuwelinge
armes en rykes
boozers en losers
later staan hy
by die een rand
rower masjiene
en sien haar
desperaat die arm pluk
haar kind alleen
by die huis
sy het haar melkgeld
gedobbel
gedink sy kon
kruideniersgeld wen
sy sien die don
haar oë smekend
hy kyk na haar doodoog
en sê
dame jy kon
’n gat uit my sak
geruk het
jy het weer kanse gevat
jy het weer verloor
en stap koudoog weg
Leave a Reply
Be the First to Comment!