985) orgaan skenker
my organe gaan ek skenk
aan my vriende
aan my vyande
aan my familie
hier is my testament
aan my vriend bles
my haardos
aan my vriend windgat
my nederigheid
aan my vriend alk holis
my perrier water
aan my vriend armgat
skenk ek my spaarboekie
aan my vriendin lekkerchat
skenk ek my ore
aan my familie skenk ek
10 miljoen sodat hulle
tot aan die einde van dae
kan baklei
aan my spesiale vriendin
skenk ek my hart
daar waar sy altyd was
my hart wat sy altyd kosbaar
aan die klop gehou het
aan my x
jare gemors
met swart sakke
bymekaar maak
Leave a Reply
Be the First to Comment!