988) cv vir die liefde
ek dink
soos baie van ons
sekerlik al gedink het
hoe kies jy ’n date
hoe kies jy ’n love
at first sight?
hoe kies jy ’n maat
trek ’n kgb
gee ’n vrae lys
hoe lank is jy
hoeveel weeg jy
het jy stannerd ag
het jy ’n horlosie
watter size skoen dra jy
het jy ’n 1400 nissan bakkie
is jou kar betaal
hoeveel paar sokkies het jy
gebruik jy axe
het jy nog jou voortande
asook jou verstand tande
kou jy jou naels?
ASSEBLIEF ASSEBLIEF
meisies
as hy nie slaag nie
DAN HARDLOOP JY
Leave a Reply
Be the First to Comment!