998) liefde nuus
dit haal gereeld
die voorblad
van die hartland koerant
ek die verslaggewer
lees eerste die nuus
van die donker liefdesbloed
wat elke dag seewaarts vloei
maar ek skryf nie daaroor nie
want as die mense dit weet
sal die blommewinkels toemaak
sal die koswinkels toemaak
sal die fotograwe nie werk hê nie
sal die ringwinkel popcorn verkoop
ek skryf eerder oor die bruid
oor die blomme
oor die lekker kos
het jy ooit in jou bruid
se sprankeloog gekyk?
Leave a Reply
Be the First to Comment!