288) Maanpaartie

288) Maanpaartie

maan het besluit
sy gooi ’n moerse paartie
sy nooi vir mars
want sy het ’n plan
vir aardbol ook
eintlik vir die aardigheid
sy sien hom gereeld
jupiter is groot en sterk
en kan orde hou
ook vir saturnus
met al sy ringe
weet sy nie
of hy skeef is nie
maar behoort die tonge te laat klap
dit is presies 90 dae vandat mars haar afgesê het
hulle stofsokkie
todat die kraters
skemer is
die vuurwerkvertoning
kon selfs venus sien
met haar rooigehuilde oë
die son het ’n groot vuurboog gespoeg
hulle kon die hitte voel
die son is warm
die son is hot
het die dames gesê
hulle het gese hy is cool
mars het probeer opmaak
vir sy ontrou
maan het te veel
kraterkelkies gedrink
haar kop was in die stofwolke
mars was so verlief
hy het amper oranje geword
die sterrekykers op aarde
het vermoed
daar is iets aan die gang
toe die morester verskyn
was sy skaam vir wat sy gesien het
maan het gou gou vir almal gesê
om hulle plek in te neem
in die hemelruim
mars wou soen en druk
maar sy het geweier
dis tyd
het sy gesê

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz