287) Uurglas
die fyn rimpels
om die oë vertel
die uurglas loop
die maandglas
die jaarglas
sy koop die nuutste
die duurste
op die mark
die grootste belofte
word beloof
jonk vir altyd
sy doen dit al
vir 40 jaar
die beloftes
besef sy nou
was leeg
sy gebruik nou
byewas
haar gesig
blink nou weer
sy lag
uitgelate
’n jonk lag
Leave a Reply
Be the First to Comment!