292) Naelstring

292) Naelstring

die vrolik wees
van oukersaand is verby
die klappers het geklap
sjampanje het gevloei
kersdag het aangebreek
die groot vreet
vergete is die betekenis
die herdenking?
ons ploeter voort
tot oujaarsaand
om twaalf uur
knip ons die oujaar se naelstring
die ou jaar se vreugdes en smart
word agtergelaat
die nuwe jaar gaan net 365 dae oud word
so baie dae, so baie dinge
eendag besef jy daar is nie meer
soveel naelstringe oor om te knip nie
partykeer het ek dronk geword
sommer twee geknip
tyd het minder geword

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz