304) 2007 sien sy gat
vanaand is oujaarsaand;
vanmiddag al was daar toue
by die drankwinkels,
die ou met die rooi gesig
koop twee klippies en coke
en stap met volstruis tree
na sy bakkie,
’n man in nood,
twee jong latte vertrek
met ’n kruiwa bier
genoeg vir twee grasperke,
die statige dame
koop jc le roux
hulle sê hy is vinnig
die bankier das en al
is R10 kort op ’n bottel dimpel
ek leen hom
en vra watter bank,
die sakeman koop 100 pipers
ja sy oujaar
gaan ’n moerse geraas wees
ek koop my 5 liter sparkling
kruisboog bergwater
vanaand suip ek
maar ek weet hoe ek
die eerste trappie
van 2008
gaan klim
Leave a Reply
Be the First to Comment!