302) Kieskeurig
ons almal het ons waardes
maar die tyd loop,
ons sal nie afskaal nie
vandag leef die mens langer
so tot by die honderd al,
ons moet versigtig wees
tyd is aan ons kant
biologies beperk
as jy ’n voortplanter is
’n mens gaan ook nie blind
in ’n ding in nie,
daar is meer ontnugtering
as avontuur
soos in die tweedehandse mark
jy koop ’n bargain
die karretjie ry nog
jy moet mooi kyk
as die pedals geslyt is
weet jy die speedometer
is teruggedraai
jy gaan nie meer baie
goeie myle kry nie
check eers die id …
Leave a Reply
Be the First to Comment!