312) Donker liefde

312) Donker liefde

in die donker van die nag
lê ek snoesig in jou arms,
jou warm asem
blaas oor my kaal skouer,

die swart nag

ek is nie bang nie
maar die nag is kort
die helder son
ontbloot,

die bang in my is hier
ek sien die twyfel
die onsekerheid
die koue oë
wat soms warm kan wees

woorde wat glad is
en gly
oor die witryp gras,
dit maak my bang.

Ek roep uit:
"God, gee my die nag
ek wil nie bang wees nie,
laat die son
skyn in my lewe
sodat ek nie meer
bang sal wees nie.
U is die son
in my lewe."

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz