358) bewonder

358) bewonder

hy hou haar dop
alreeds ’n paar nagte
waar sy naak
van kamer tot kamer beweeg

hy weet dit is ’n gevaarlike situasie
maar die natuur roep
die honger te groot

hy lui haar deurklokkie
die fyn webdraad
gelei sy boodskap,
sy nooi hom in

hy stap versigtig haar huis in
sy neem haar plek in
reg in die middel van die vertrek

hy sit en bewonder haar
en voel haar hittegolf
hy skuifel nader,
net drie sekondes het hy nodig
om haar te bevrug

in spinnekopland
is daar baie weduwees

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz