die blomme
die bye
die tye
van huppelkind wees
is vir goed verby,
my sig is wasig,
skaars hoor ek
die branders
die seebries,
skaars in my neus
die laaste keer
op die strand
ek gooi my krukke
in die branders
en stap die see in
sonder snorkel
die water is sout
Leave a Reply
Be the First to Comment!