370) doodloopstraat 1

370) doodloopstraat 1

die twee rye huisies
staan al baie jare
weerskante van doodloopstraat,
die ou bome weerskante
het al baie hier gesien,
hulle strek hul takke hemelwaarts
en bid vir die mense
van doodloop straat,

hulle is op pad na nêrens
daar is nie ’n uitweg nie

jy is gebore in doodloopstraat,
main street is die aansluiting
waar die lewe begin
as jy kan ontsnap

’n klein dogtertjie in ’n geel rokkie
hardloop oor die straat,
sy kom van nommer 4
sy val in ’n plas water
in ’n pothole
sy val haar knie stukkend
en huil bitterlik

huil my kind
wanneer jy 15 is sal jy weer
bitterlik seer huil

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz