411) ons kyk

411) ons kyk

ons kyk
in mekaar
se betraande oë
en reis terug
saam met
die glas ou wyn

15 jaar terug
die son het geskyn
die reuk van gras
pas gesny
wel op,
jou glimlag
agter die teekoppie is
salf vir my moë spiere
ek slurp die laaste druppel

hang nog ‘n bietjie rond
en sny met mening
die laaste groen baard

die jare
tussen
nou en dan,
wie het dit gesteel?

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz