415) vloer 101
die skoonmaker bly hier
daar is 100 swart sakke hier gestoor
sakke wat hy elke week
van woonstel tot woonstel bymekaarmaak
hy weet wie bly waar
en wat hulle doen
in 100 se sak kry hy
vele kondome
sy moet ’n prostituut wees
in 101 se sak klinkel die bottels
hy moet ’n alkoholis wees
in 102 se sak, sag pienk papier
sy moet nog onskuldig wees
mag die Vader haar bewaar
in 103 se sak die naalde
gebuig van vele male gebruik
hy bid
my God
ek het te veel gesien
genade vir hulle
Leave a Reply
Be the First to Comment!