420) bloedstraal

420) bloedstraal

die vrou met die
lang blonde hare
en diep blou oë
kyk op
na die wolkelose hemel
waar die aasvoëls sirkel
en die slagveld dophou
hulle het bloed geruik
vreesloos loer die swart oë
hulle ken die roetine
die geskeurde liggaam
die strome bloed
maak die ete exciting
die man slaan sy oë
op na die hemel
die houtkruis het die vel gebreek
donkerswart martelbloed
rol teen sy bors af
dit is sy laaste roete
hy juig na binne
en sê vader
ek is die verlore seun
ek kom huis toe.

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz