421) kruisbloed
hy is veroordeel
is reg nog reg
in hierdie wêreld
wonder hy
terwyl hy die nagmaalwyn drink
hulle is lafaards
stuur sestig soldate
hulle kasty hom
terwyl hy deur die strate
voortgedryf word
die doringkroon diep
ingedryf
tap sy bloed
die kruis saag sy skouer
die spoeg en kluite
meng klei op sy skouers
hy struikel val
dan voel hy verlig
Simon neem sy kruis
hy hang vasgespyker
aan die bloedkruis
vader sê hy
ek verlang na u
maar het nog werk hier
hy hang leweloos
vooroor aan die kruis
ver bo sirkel die aasvoëls
Leave a Reply
Be the First to Comment!