422) hulle speel

422) hulle speel

terwyl sy soldate
die goed uitsorteer
sy hande is skoon
so pas gewas
sy vrou is snaaks
bedonnerd vanaand
hy is goewerneur en ken sy werk
die jode raas weer baie vanaand
merk hy op
hy weet nie van die
hartverskeurende optog
na die doodsheuwel nie
maar later die aand
toe die gordyne skeur
en die aarde bewe
het hy geweet
hy moes nie
sy hande gewas het nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz