461) sy was so warm gewees
sê hy vir homself
swirl sy klippies
en kyk na die bruin bottel
met die horlosie daarop
dit staan op 12 uur
hy dink aan die aand
toe die baas se vrou
hom getjaaf het
sy was vuurwarm
van al die sjerries
hy was te dronk
en het kak drooggemaak
hy kyk op die klipdrif bottel
die horlosie staan op 12 uur
dit is die einde van sy skof
Leave a Reply
Be the First to Comment!