470) sy staan naak

470) sy staan naak

ek klee haar
stuk vir stuk
ek blowdraai haar hare
’n wangkrul styl
lyk wow!
’n swart aandrok
met blinkertjies
effe lae hals
(seksie!)
’n string donkerblou pêrels
asook oorbelle
’n ligte mangogeur lipstiffie
swart puntige skoene
’n twee karaat ring
aan die regter middel vinger
WOW the girl of my dreams!
ek staan terug
my keel knop
was sy maar
nie ’n winkelpop nie.

[ek sit hier oorkant Belle Allure, die modewinkel en klee die skamele dames]

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz