511) dunghill,sexan,luckies,vrotmans

511) dunghill,sexan,luckies,vrotmans

camelflage = duiwelskos
die rook krul
luilekker
en styg helwaarts
die digitale senustelsel word verwar
jou brongitale pype
vervoer die teer
wat wynvate dig maak
die reuksentrum totaal verwoes
borsvlies ontsteking tree in
bloed telling daal
hartklep lek
jou mond smaak soos ’n longdrop
jy praat diktong
jou tanne is geel
wat jy nie weet nie
jy betaal elke dag paaiemente
op jou eie ysterlong
die regering dink vooruit met die belasting
julle arme drommels!
ek hoop julle kan nou ophou rook

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz