547) hart van herfs
dae van geluk knak
waai weg
die vergetelheid in
die herfsblare sterf
die boodskappe
daarop geskryf
verweer verkleur
droog gekraak
onleesbaar
ongelees soos baie
sy sit aan die rand
van die dam
en skeur
die somer se briefies
aan stukke
bruin rooi en groen
stukkies bladsy
meng en styg op
saam met die stofwind
sy ween bitterlik
die mooi woorde
weg
sy is leeg
vir die nuwe somer
Leave a Reply
Be the First to Comment!