543) jy drink alweer
sê sy
ek sien die oog
wat my aanstaar
maar as
die klipdrif my hart omvou
is daar niks warmer nie
ek weet al lankal
dat een bottel
nie genoeg is nie
ek dors na meer
ek weet nie meer
van die wêreld
om my nie
hoe my vrou winkel toe stap nie
bietjie op ’n slag koop nie
haar klere te klein
van al die stysel eet
my drie kinners
in almal se skool
speel gelukkig saam
met die armstes
kinners ken gelukkig
nie afguns haat en nyd nie
my baas het gesê
ek moet nou nagskof doen
ek gaan meer geld kry
ek kan nou meer klippies koop
my vrou sê ,ek is bly
vir die ekstra geld
ek sê vir haar
ons sal die wa
deur die drif
trek
Leave a Reply
Be the First to Comment!