555) verkrag

555) verkrag

ons mars trots
die vlag hoog
diep spore trap ons
in die wit sand

van ons vaderland
ons is die trots

jare later keer ons terug
’n handjie vol
ons trots vertrap
deur die kettings

van die ystermonsters
ons vlag verskeur
ons huise gestroop
ons vroue en dogters verkrag

by die huise wag
’n kind
wat vreemde taal praat

my GOD
waarvoor
het ons geveg!

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz