569) hart geskeur

569) hart geskeur

sy sit in my spreekkamer
verbleikte crimplene rokkie
al jare gediens

swart sliet lang hare
tot op die skouers
dis haar beurt

meneer hy bliksem my
ek moet met sy pelle vry
ek moet dans
op die klippies orkes

my menswees neem die oorhand
ek roep die messe
hy slaan nie meer

my GOD
ek kan nie anders
my hart vertel
wat ek moes doen

wie gaan kyk
na die vier
honger kinders

ek buig my hoof
my GOD
hierdie
is vir
U

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz