586) liefdes driehoek

586) liefdes driehoek

dit duur nou al donners lank
hierdie liefdesdriehoek,
dat drie mekaar so lank
die hof kan maak
gaan my verstand te bowe

hy word telkens rooi van skaamte
sy word blou van jaloesie
as die ander haar bates wys

hy wat die ding begin het
weet nou nie meer wat om te doen nie
hy kan ’n boodskap vir maanmeisie stuur
om te sê hy is jammer
maar halley se komeet vat ’n honderd jaar
om by haar uit te kom
maar sy boodskap aan venus gaan halley
daarna eers aflewer

hy weet nou hy het opgevoeter
maar hy weet ook
die heelal is nog jonk
en dat daar baie sterre daarbuite is

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz