597) die vrou
die vrou
stap stadig
na die ou boom,
sy sien die vallende blare
trane vloei haar wange af
soos die blare van die ou boom
haar minnaars
net een seisoen gehou
sy het hulle net gebruik
om hulle in die winter
te vermoor
sy draai om
en stap weg
soos in elke winter
die dwarrende blare
van die ou boom
verberg haar sondes
Leave a Reply
Be the First to Comment!