684) raindrops keep falling
toe is ek papnat
my haarstyl in sy moer
die indruk
wat ek wou gemaak het
ook in sy moer
toe ek jou sien sê jy
nevermind the rain
en haak by my in
dit was 30 jaar gelede gewees
elke keer as dit reën
vat jy my arm
die reëndruppels
meng met jou trane
en jy sê
raindrops keep falling
ek wens
dit kan vir ewig reën
Leave a Reply
Be the First to Comment!