768) stil
ek het doodstil gesit
jy was naby my
jy tuur oor die meer
en kyk
na die swem voëls
hulle is vry
soos die koel somerwind
wat speel oor jou lyf
wat in jou oor fluister
jy draai om
die wind is verby
jou vlerke sprei jy
en kwaak-kwaak weg
en reis op die aandwind
die son gaan slaap
in sy oranje bed
ek kruppel
na my grasbed
ek kan nie meer
vlieg nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!