879) die eerste koeitjie
staan trots en kyk
na al sy koeie
en kallers
dit is vadersdag vandag
die dag wanneer
die manne spog
albertus hangklok
het die meeste koeie
en kallers
sy eerste koeitjie sweetpee
het al twee tweeling versies gehad
en vier alleenloop bulletjies
en sy glimlag nou alweer vir hom
sy tweede koeitjie liefste madelyn
het al vier versies gehad
en sy glimlag nou alweer vir hom
sy broer jakop
het ook nie sleg gedoen nie
en het ses kallers gevader
amos die os
lek sy lippe af
as hy kyk
na die groen bale lusern
wat net agter die versies lê
nikodemus die opgeskote bulletjie
staan en verkyk hom aan die versies
hy weet nog nie waaroor
hierdie gespogtery gaan nie
die stoetbul lag uit sy buik
volgende somer ou bulletjie
kan jy baie versies skryf
Leave a Reply
Be the First to Comment!