902) oopgesluit
jy sluip altyd dronk
by die huis in
jy gee nie om vir my
of jou kinders nie,
jy vreet die laaste kos op
hy kyk op en sê
ek het nie gedrink nie
ek het die klokkie gelui
jy het oopgesluit
warm kos voorgesit
is daar nou rede om
my uit te kak?
nee sê sy
en storm oop arms
op hom af
my man sê sy
my vrou sê hy
Leave a Reply
Be the First to Comment!