906) matriek jol

906) matriek jol

jy het blinkoog
saam met breëbors
in die slapkar gesit

jy het nie geweet
jou blinkoog
was my vreugde nie

ek het rooi oor
in my beetle
met my date gesit
die aansitter gefok

die gestoot
was die grap
gewees

vandag het ek
jou weer gesien
dofoog afgerem

die slapkar lank reeds
verkoop

die bottel les jou dors
maar my lief
ek werk en hoop
ons sal die slapkar
eendag ry .

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz