914) lekker

914) lekker

hulle is deesdae uit die mode
maar ek kan nog onthou

phaff … het in duits genaai
ons kon mekaar nie
so lekker verstaan

bernina … kon lekker naai
maar was baie preuts
wou nie nuwe patrone probeer

elna … het op maat van
boeremusiek genaai
en kon tot op die fyndraai
nog naai

singer … kon ook in die bad naai
en het die heeltyd gesing
she will be coming around
the mountain when she comes

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz