944) die dag toe jy jou woorde
die dag
toe jy vir my gesê het
ek het jou lief
was die wonderlikste dag
in my lewe gewees
die honger binne my
het voedsel gevind
die eensaamheid weg
die krag van die eerlike woorde
die opregtheid
ek het jou lief
my meisie
my vriendin
my kind
my vrou
my man
geen stroop is nodig
eerlik, opreg, waarheid
geloof, vertroue
kom saam
ek het jou lief
’n vier woord gedig
’n kosbare embrio
wat ’n duisend keer
lewenslank
kan liefhê
Leave a Reply
Be the First to Comment!