959) Ek’s n windgat matriek
Twaalf jaar het ek gewag
geswoeg en sweet
dag na dag
En nou’s ek hier na al die wag
die senior van die skool
By skool altyd afgelag
deur die meer in beheer
Ek was self getreiter
en hoekom mag ek dan nie ook
’n oog vir ’n oog
’n tand vir ’n tand
Selfs al is dit nie
die wat my so sou tart
ek sal my haat
nie ongetuisterd laat
So nou dat ek in hul pos staan
sal ek elke graad agt voor my
ook slaan.
Leave a Reply
Be the First to Comment!