968) die woestynwind waai

968) die woestynwind waai

weer sand
in my oë vanaand

waarom sit ek hier
rooioog en wag
elke aand

as ek die stil duine sien
in die dag se lig

die sand kartelings
golf op golf

dan dink ek
die lewe
moet ook so
ge-orden wees

maar ons is mens
die sand waai
en die duin verskuif

vandag is ons nie meer
soos gister nie

want die wind waai
anders

is dit beter ?

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz