993) die mense soek
na altyd
altyd lief vir jou
altyd daar wees vir jou
altyd die waarheid
maar min van ons
soek nader my GOD by U
soek die kollekte bord
naby die beursie
gooi nie saad op die land
gee ’n glimlag
vir die kruppelkind
min van ons
soek die ewige lewe
baie van ons verdwaal
maar weet nie van
die padkaart van die lewe nie,
as die blaaie van jou kruisboek
eers hond-oor geblaai is
dan sal jy sien
hoeveel kere
jy al verdwaal het
nou weet jy waarheen
jy op pad is
jy sal nie weer
verdwaal nie
jou soektog is oor
jy kan lewe
jy kan deel
Leave a Reply
Be the First to Comment!