1001) gaan my nie verby
o Heiland
gaan my nie verby
’n ou gesang van die
wat benoud skree
ek het dit ook gesing
ek was vals
luister God net na
die mooi stem mense
na die voorbankers
na die mooihoed tannies?
die witrok koormeisies
so het ek gedink
maar toe gooi God
my in die lewenstroom
sonder ’n reddingsgordel
die wilde waters het my
rof rond geslyp
die stroomversnellings
het my getap
ek was uitgespoeg
op die lewens strand
moeg moedeloos verlore
die soet woorde van
gaan my nie verby
kom aangesweef
op die koel aandwind
ek sing saam
my stem so suiwer
my Heiland het nie
my verbygegaan nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!