1029) liefde is nie net (2)
hormoon gemeng met vriendskap
daar is die wat
moeg afklim op die
stasie van verloor
by die huis wag
‘n oorwerkte vrou
twee kla gat kinders
‘n hoop wasgoed
‘n warm eg druk
vir ‘n moeë maat
‘n koppie tee aangedra
‘n doek of twee geruil
die skottelgoed kafgedraf
sy kyk moeg op
maar met ‘n glinster
in die oog
sê sy ek is lief vir jou
my man
my maat my maat
Leave a Reply
Be the First to Comment!