1049) die tyd vlieg
as ek maar ‘n arend was
kan my skerp oog
jou sien
as ek maar ‘n valk was
kan my skerp oog
jou sien
as ek maar ‘n swaeltjie was
kan ek jou raaksien
maar ek is net ‘n tortelduif
wat koer en koer
jy hoor my nie eens
want die skreefoog hunk
praat saggies in jou oor
my koer liefdeslied
hoor jy nie
my koer waarskuwingslied
hoor jy nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!