1046) kaal gestroop
staan sy voor my
haar perfekte lyf
afgeëts teen die lig
haar klere op ‘n hopie
haar hare losgeraak
tree sy nader
ek wil vanaand net praat
my hart bons
sy sê ek is moeg
vir hierdie lewe
ek gee en gee
maar bly leeg
ek staan hier naak
voor jou
vertel my
waarheen kan ek gaan
maak oop jou hart
al dink jy swart
jou opregte hart
al skuil dit vir jare
sal jou lei
na die ewigheid
Leave a Reply
Be the First to Comment!