1094) ek sal jou liefhê tot
die hane kraai
ons het saamgeslaap
en vroeg wakker geskrik
wat sal jou pa en ma sê
hulle het egter geslaap
tot die beeste begin blêr het
ons het huppelend
deur die mielieland genael
die koppe het geknik
die blare het gewaai
ons liefde wie kan raai
het gebloei en gegroei
julle almal het seker
verwag
hier kom’n berg einde
ons het vier kinders gehad
en het op die ou plaas
gesterwe
op elkeen se grafskrif
het gestaan
gebore 1908
gesterwe 2008
Leave a Reply
Be the First to Comment!