1106) duine
ek is soos die
woestyn duin
rooi met mooi
gekartelde hare
elke middag vyfuur
maak ek gereed
om haar te sien
maar die donnerse
woestynwind
waai like hell
by 7 uur
my kapsel weg,
my voorkop stof-sweet
my kuif op my skouer
sy kom deur die waas
en omhels
my grofwang
skuur haar wreed
die druppels slurp ek op
die woestyn lewe
is wreed
Leave a Reply
Be the First to Comment!