1110) jy weet dit nie
maar ek sien jou
ek sien jou alleen
ek sien in jou skryf
ek sien jou uitgerukte hart
verwerp eenkant lê
voordat jy stof klop
raap ek jou op
jou hart maak ek oop
en haal die onkruid
in jou slagaar uit
ek bêre my scalpel
in my groen voorskoot
ek gee jou suurstof
om weer te lewe
vir my en jou
Leave a Reply
Be the First to Comment!