1128) hiberneer nie meer !

1128) hiberneer nie meer !

ek het die hele winter
knus gelê

my winterslaap ongesteurd
die bliksemstraal ruk my lyf

verwoerd spring ek op
die yskoue lentereën
les my dors

verbaas is ek om te sien
dat drie dames
ook wakker geskrik het
sommer hier langs my

dit gaan ‘n interessante
somer wees

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz